© Alfa Pastorale Praktyk & Zama Zama Hope 4 U Foundation

Welkom / Welcome

ALFA PASTORALE OPLEIDING, BERADING & GEMEENSKAPSENTRUM (Gestig 1987) ALFA PASTORAL TRAINING, COUNSELLING & COMMUNITY SERVICE CENTRE (Since 1987)

Alfa Pastorale Praktyk bied ‘n unieke jaar kursus in

pastorale opleiding, berading en gemeenskapsdiens

aan!

Jan bied gereeld manne-, vroue-, tiener- en gesinskampe en seminare aan. Op ’n gereelde basis bied hy en sy span ook seminare vir enkellopendes, geskeides en huwelikspare aan. Huweliks- en gesinsonderwerpe, asook seminare oor selfbeeldbou, streshantering, konflik hantering, die belewing van verskillende spiritualiteite, stil-retreats, hoër- en laerskool leierskapsontwikkeling en kommunikasievaardighede, word gereeld aangebied. Talle radiopraatjies/-reekse, preekgeleenthede, Pinkster en Week van Gebed-reekse en verskeie ander geleenthede word aangebied. Die Alfa Pastorale opleiding, Berading en Gemeenskapsentrum se stem word ook op gereelde radio praatjies en reekse op Groot FM, RSG, Pretoria FM, Radio Kansel, Radio Namakwa gehoor. Verder tree dr Jan Botha gereeld op Kruiskerk se televisiekanaal op saam met ds. Jannie Pelser en ander professionele persone oor onderwerpe soos: die nasionale verkiesing, armoede, hoe verstaan ek my drome, hoe hanteer ek trauma, seer en verlies, homoseksualiteit, identiteit, missionale gemeentewees, Missio Dei, selfbeeldontwikkeling, leierskap, om met balans te lewe, genadedood/selfdood, Christen wees in ‘n postmodernistiese konteks, hoe leef ek in ‘n verbruikerskultuur en depressie ens.
'n "Suksesvolle" egskeiding - moontlike stories van hoop - geskryf deur dr Jan Botha teen R120 plus R50 posgeld. Bestellings kan geplaas word op die kontak bladsy
Alfa Pastorale Praktyk

Waarderende terugvoer van

studente:

Alta Jacobs – enkel ouer en huisvrou op plaas in Oos Kaap ‘n Vriend van my bied sy kursus aan as “gold nuggets”. Met Dr Jan en Dr Retha se kursus het ek met vreugde die ondersteunende “gold nuggets” van Teologiese begronding en Pastorale onderbou ontdek. Ek kon hierdie jaar met behulp van die vryheid op tema keuses op ‘n ontdekkings-en persoonlike verrykingstog gaan. Met behoorlike navorsing en beide kursusleiers se positiewe insette in my studies het my insig op verskeie areas in my eie lewe asook konteks die beradingsveld waar ek elke dag woon en werk, toegeneem. Ek beveel die kursus sonder enige twyfel aan.

Waarderende terugvoer van

studente:

Sarel van der Merwe – Traumaberader en opleidngsbeampte van Noord-Wes. Ek het geleer dat die Drie-enigod altyd en oral teenwoordig is, ook in my uiters moeilike en uitdagende trauma wer. As deel van die kursus het ek opnuut geleer om fyn te luister, gereeld op meditatiewe gebed te fokus en ook om gereelde selfsorg toe te pas. Die passie van die aanbieders het my ook met hernude toewyding gevul. Die akkreditasie asook status van die kursus het vir my ook talle deure oopgemaak in die gemeenskap by skole, kerke, kinderhuise en NGO’s wat armoede bestry.

Waarderende terugvoer van

studente:

Marianne Breytenbach – omroeper by Pretoria FM Gauteng Ek kan my beroep nou met nog meer passie uitleef en mense help wat se kop ook van tyd tot tyd soos myne raas. Met my Sielkunde honneurs onderteun die Narratiewe beradingstegnieke en Missionale Teolgiese onderbou van die kursus, my beradingswerk as ‘n Basiese TIR-kursus (Trauma Incident Reduction) sowel as die Expanded Applications TIR- kursus, en die LSR-kursus (Life Stress Reduction) wat ek gedoen het. Die feit dat die Universiteit van Pretoria se Teologiese Fakultiet se Excelsus Sentrum die kursus akkrediteer het ook baie gewig gedra in my keuse om die unieke kursus te doen.